Oor myFiets

myFiets het die eerste keer in Augustus 2013 verskyn as die eerste digitale motorfietstydskrif in Suid-Afrika – regtig digitaal, nie net ‘n PDF van ‘n gedrukte tydskrif nie.

myFiets was ook die eerste Afrikaanse digitale motorfietstydskrif in die wêreld!

myFiets dek die lewenstyl van motorfietsgeesdriftiges, padtoetse, nuwe produkte en nuus uit die motorfietsbedryf.