Welkom by myFiets se nuwe webwerf!

Ja, net ‘n paar jaar te laat, ons weet… Verskoon asseblief hoe lank dit geneem het, maar ons hoop julle sal van nou af hier kom loer vir nuus oor nuwe motorfietse, bykomstighede en, natuurlik, ons toere!

Dit het inderdaad die coronavirus en al sy frustrasies geneem om ons so ver te kry om die webwerf behoorlik aan te pak.

Hierdie webwerf sal die tydskrif in sy splinternuwe foon-vriendelike mobi-formaat aanvul en ondersteun. Die verkorte artikels wat in die tydskrif verskyn, sal hier in sy volle formaat gelees kan word.

Al die ou uitgawes van myFiets sal ook op die webwerf beskikbaar wees om na te kyk.

Ons begin ook dadelik om nuwer artikels te laai…

Welkom terug by myFiets!